Voelgoed: “Die renoster se toekoms is onderhandelbaar”

22 September is Wêreld Renosterdag, Bonné de Bod het met Voelgoed gesels oor renosters en hul stryd om oorlewing.

Vyf en ? half duisend renosters is vir hul horings afgemaai sedert 2010. Die regering sê daar was ? klein afname die laaste twee jaar. Tog verloor Suid-Afrika steeds 88 renosters ? maand.

Bonné De Bod leef haar passie vir natuurbewaring uit as aanbieder van 505/50, en speel ? aktiewe rol om renosterstropery onder die soeklig te plaas deur onder andere die dokumentêre film, STROOP, waarmee sy tans besig is.

Waarom lê renosterbewaring jou so ná aan die hart?

 

Ek het ? paar jaar gelede ? storie oor renosterstroping vir 50|50 gedoen. Ek het saam met die veldwagters na die toneel gestap min wetende dat dit vir my ? keerpunt sou wees. Twee gestroopte renosterkarkasse het teenoor mekaar gelê. Die programvervaardiger het my gevra om tussen die twee karkasse te sit en my ‘lyne’ vir die kamera te doen.

Ek was oorweldig met so baie emosies – hartseer, kwaad en ongeloof. Soveel vrae het binne my gemaal. Hoe kan die mensdom so wreed wees? Hoe kan ons as Suid-Afrikaners dit toelaat? Dit was toe dat ek besef het dat ek iets groters moet doen.

Watter boodskap wil jy met hierdie bewusmaking oordra? 

Ons mag nie moed opgee nie. Ons moenie vuisvoos wees wanneer dit by renosterstroping kom nie. Dit is baie maklik vir ons om terug te sit en te kla, maar as Suid-Afrikaners moet ons dit duidelik laat hoor dat ons omgee oor wat besig is om met ons renosters te gebeur. Al is dit net ’n ‘like’ op Facebook of ? ‘re-tweet’. Die toekoms van ons renosters is ononderhandelbaar. ? Renoster wat gestroop is, is ? renoster wat van elkeen van ons gesteel is.

 Hoe kan ‘n mens betrokke raak by renosterbewaring?

Dit is belangrik om aan te hou om die renoster se storie te vertel. Dit is inderwaarheid die uitwissing van ? spesie waaroor dit hier gaan. Ek was in Asië en het die onversadigbare drang na renosterhoring gesien.

Elke Suid-Afrikaner het ’n rol om te speel. Stuur ? epos, maak lawaai oor hierdie kwessie. Daar is ook baie inisiatiewe waarby jy betrokke kan raak. Neem byvoorbeeld die veldtog om kos in te samel vir die Kruger Wildtuin se honde-eenheid. Hierdie honde word gebruik as spoorsnyers en om voertuie by die hekke te deursoek. Vir meer inligting gaan na Africa Geographic se webtuiste of STROOP se Facebook bladsy by www.facebook.com/stroopdiefilm.

Dink jy ons, as Christenvroue, het ’n verantwoordelikheid rondom natuurbewaring?

Ons het ? morele verpligting om alle lewende wesens te beskerm. Dit is God se skepping en ons moet dit bewaar. Ek het al op soveel slagtingstonele gestaan, renosters gesien wat nog lewendig is met die helfte van hulle gesigte weggekap. Die wreedheid is bo enigiets wat jy jouself kan voorstel, dis pure boosaardigheid en menslike gierigheid. Ons moet bid dat die donkerte wyk. Toordery word in stroping gebruik, sommige van die stropers glo dat sekere konkoksies hulle onsigbaar maak, en ons moet hierteen bid. Net so moet ons ook bid vir die veiligheid van ons veldwagters, veeartse, ondersoekbeamptes, privaatrenostereienaars, aanklaers, almal wat in die voorste linies staan. En ons moet glo dat ons ’n verskil maak.

renoster_stroop